Ontdek KarooKids se produkte


Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God."

- Mark 10:14-16



‘n Pragtige, kreatiewe KarooKids-e-boek vol eenvoudige resepte en speelse aktiwiteite wat kwaliteit tyd saam met jou kind bevorder.

Ontwikkel klein handjies en groot verbeelding. 

Ons E-boek het die volgende afdelings met resepte:

Avontuur Deel 1: Borrels & Breintjies: Wetenskap Aktiwiteite  (Eksperimente en ontdekking vir nuuskierige, klein professortjies se proewe wat oë laat blink en idees laat borrel)

Avontuur Deel 2: Sensoriese Speelpret: Ontdekkers (Meng, bou, voel, ruik, ontdek & fantaseer)

Avontuur Deel 3: Soetgoed vir Feesvoetjies(Krummels van koestering, kwaliteit tyd saam, saamgebakte saam-lag inspirasie, soet resepte vir spesiale dae, verjaarsdae, partytjiepret en kleurvolle happies vir elke viering)

Avontuur Deel 4: Kunswerke: Klein kunstenaars (Speel, spat, skep & versier)

Avontuur Deel 5: Waterpret (Buite-spel, Ontdek, met water, baie pret)

Avontuur Deel 6: Borrels & Breintjies:Jesus Eksperimente (Jesus wetenskap aktiwiteite)

Avontuur Deel 7: Fyn Motoriese Aktiwiteite (Eenvoudige aktiwiteite om fyn spiertjies te ontwikkel)

Avontuur Deel 8: Sout Smullekker Resepte (Kosblik happies, maklike sout resepte om saam te knie, te rol en te smul).

Avontuur Deel 9: Slim Happies (Maklike, voedsame, gesonder happies vir klein magies wat kinders help groei soos boontjieranke!)

Avontuur Deel 10: Hartskos (Maklike en vinnige resepte vir mamma om honger magies te voed)

Avontuur Deel 11: Bygeregte (Vinnige en maklike resepte saam met elke maaltyd)

Avontuur Deel 12: Pappa se Afdeling (Braaiwenke & Resepte)

Avontuur Deel 13: Bottel & Bêre (Tuisgemaak, spesiale geskenke,gebottel en gebêre)

Avontuur Deel 14: Stilstaan saam met Mamma (Koesterkrummels: Hartstories, gebed, rus en daardie sagte saamwees om elke dag af te sluit).

Ideaal vir: Ouers van jong kinders, Onderwysers & speelgroepe, Oumas, oppassers en versorgers, Enigeen wat betekenisvolle tyd met kinders wil spandeer



Ons Pret in ’n Pot-speelklei is ontwerp vir kreatiewe, sensoriese speelpret. Elke kleur het sy eie tema en gee kinders die geleentheid om te rol, druk, vorm, bou en skep terwyl hulle hul verbeelding gebruik.


Konstruksie – Geel Speelklei

Bou, skep & ontdek!
’n Pret tema vir klein bouers. Vorm voertuie, gereedskap, geboue en alles wat ’n klein konstruksie-ingenieur kan uitdink. Bou enige klankies, letters, vorms met hierdie bondel klei. Soveel ontwikkeling wat plaasvind.


Plaas – Groen Speelklei

Welkom op die plaas! Skep jou eie plaas met speelklei. Maak plaasdiere, heinings, groente en ander prettige plaas-elemente. Bou enige klankies, letters, vorms met hierdie bondel klei. Soveel ontwikkeling wat plaasvind.


Prinses Pret – Pienk Speelklei

Pret in ‘n pot vol verbeelding! Perfek vir klein prinsesse en kreatiewe dromers. Skep kroontjies, koekies, blommetjies, alles wat dogtertjies van hou. Bou enige klankies, letters, vorms met hierdie bondel klei. Soveel ontwikkeling wat plaasvind.


Die See – Blou Speelklei

Duik in ’n wêreld onder die see! Skep visse, seekatte, skulpe, seesterre en alles wat jy onder die blou see kan ontdek. Bou enige klankies, letters, vorms met hierdie bondel klei. Soveel ontwikkeling wat plaasvind.


Spesiale geleenthede & partytjies. Wil jy iets spesiaal vir jou geleentheid hê?

Ons doen ook custom orders vir:
🎂 Kinderpartytjies
🎈 Verjaarsdae
🦄 Temapartytjies
🎁 Geskenkies en partytjieboksies

Het jy ’n spesifieke tema, kleur of idee in gedagte?
📧 Stuur vir ons ’n e-pos vir jou custom order.


Sensoriese Speelsakkies

Ons KarooKids Sensoriese Speelsakkies is spesiaal saamgestel om kinders se nuuskierigheid, sintuie en verbeelding aan te wakker.

Elke sakkie bied ’n klein wêreldjie van ontdek, vind, leer en speel: Ideaal vir rustige, praktiese speelpret by die huis, in die klas of saam met mamma en pappa.

Waarom sensoriese speel? Sensoriese spel gee kinders die geleentheid om deur voel, kyk, beweeg, soek en ontdek te leer.

Dit kan help om: Fynmotoriese vaardighede te oefen, Visuele waarneming te stimuleer, Konsentrasie en probleemoplossing aan te moedig, Tel, sorteer en kleurherkenning te oefen, Woordeskat en taalontwikkeling te ondersteun, Verbeelding en kreatiwiteit aan te wakker, Rustige, gefokusde speel te bevorder.

Elke sakkie is uniek

Elke KarooKids Speelsakkie word met liefde en sorg saamgestel. Die inhoud, kleure en dekoratiewe elemente kan effens verskil, wat elke sakkie spesiaal en uniek maak.

KarooKids – Pret met klein handjies.


Mommy & Me Workshop

’n Spesiale oggend van saamwees, skep & onthou!

Kom geniet ’n heerlike Mommy & Me-ervaring waar mammas en hul kind saam versier, lag en kosbare herinneringe maak.

Wat behels dit?

Mini-koeke word versier
Kinders en mamma kry die geleentheid om hul eie mini-koekies kreatief te versier.
Kwaliteit Mommy & Me-tyd – weg van die gewone gejaag van elke dag.
’n Spesiale oggend vol pret, kreatiwiteit en saamwees.
Klein handjies, groot pret – kinders kan self deelneem en trots wees op wat hulle gemaak het.
Kosbare herinneringe wat julle saam kan koester.

Ouderdom: 3 jaar en ouer

Want aan die einde van die dag is dit nie net die koek wat julle huis toe neem nie…

Dit is die herinnering aan die tyd wat julle saam spandeer het. ❤️

Onvergeetlike tyd saam is kosbaar.