Sensoriese Speelpret – My Konstruksie Sakkie

Sale!

Original price was: R180,00.Current price is: R150,00.

KarooKids My Konstruksie Sakkie 

Ontdek • Vind • Leer • Speel

Maak gereed vir konstruksiepret! My Konstruksie Sakkie is ’n kleurvolle sensoriese speelaktiwiteit waar klein handjies kan voel, skep, soek, sorteer en ontdek terwyl hulle hul eie klein konstruksiewêreld bou.

Waarom sensoriese speel?

Sensoriese spel gee kinders die geleentheid om deur hul sintuie te leer: deur te voel, kyk, beweeg, ontdek en ondersoek. Dit kan help om:

Fynmotoriese vaardighede te ontwikkel deur te gryp, knyp, skep en sorteer.
Visuele waarneming te stimuleer wanneer kinders kleure, vorms en klein voorwerpe soek.
Probleemoplossing en denke aan te moedig.
Taal en woordeskat uit te brei deur oor teksture, kleure en diertjies te praat.
Konsentrasie en selfregulering te ondersteun.
Nuuskierigheid en verbeelding aan te wakker.

Sensoriese spel bied kinders ’n praktiese manier om te leer terwyl hulle eenvoudig pret het!

Elke KarooKids-sakkie is spesiaal selfgemaak, daarom kan die presiese inhoud en kleure effens verskil. Dit maak elke sakkie uniek! 

’n Klein sakkie met GROOT leerpret!

My Konstruksie Sakkie kombineer sensoriese speel, leer, fynmotoriese ontwikkeling en verbeelding in een prettige aktiwiteit.

KarooKids – Pret met klein handjies.

 

Category:
Sale!