Sensoriese Speelpret – My Plaas Sakkie

Sale!

Original price was: R180,00.Current price is: R150,00.

KarooKids My Plaas Sakkie 

Ontdek • Vind • Leer • Speel

Kom ons gaan plaas toe! My Plaas Sakkie is ’n prettige sensoriese speelaktiwiteit wat kinders nooi om te voel, soek, ontdek, sorteer en leer terwyl hulle hul eie klein plaaswêreld verken.

Waarom sensoriese speel?

Sensoriese spel gee kinders die geleentheid om deur hul sintuie te leer: deur te voel, kyk, beweeg, ontdek en ondersoek. Dit kan help om:

Fynmotoriese vaardighede te ontwikkel deur te gryp, knyp, skep en sorteer.
Visuele waarneming te stimuleer wanneer kinders kleure, vorms en klein voorwerpe soek.
Probleemoplossing en denke aan te moedig.
Taal en woordeskat uit te brei deur oor teksture, kleure en diertjies te praat.
Konsentrasie en selfregulering te ondersteun.
Nuuskierigheid en verbeelding aan te wakker.

Sensoriese spel bied kinders ’n praktiese manier om te leer terwyl hulle eenvoudig pret het!

Elke KarooKids-sakkie is spesiaal selfgemaak, daarom kan die presiese inhoud en kleure effens verskil. Dit maak elke sakkie uniek! 

🌟 ’n Klein sakkie met GROOT leerpret!

My Plaas Sakkie kombineer sensoriese ontdekking, leer en verbeeldingspel in een prettige plaas-avontuur. Perfek vir klein handjies wat daarvan hou om te voel, soek, vind en ontdek!

KarooKids – Pret met klein handjies.

 

Category:
Sale!